Skip to content

Voormalige burgemeester van Newcastle, Ntuthuko Mahlaba, ter ruste gelê

# Die voormalige burgemeester van Newcastle, Ntuthuko Mahlaba, word vandag tydens ‘n amptelike provinsiale begrafnis in die dorpie Nkande in eNquthu, KwaZulu-Natal ter ruste gelê. Mahlaba is dood nadat hy Sondag deur ‘n voertuig getref is terwyl hy in sy tuisdorp gedraf het. As ‘n voormalige LUR en lid van die ANC se provinsiale taakspan het hy ook verskeie senior leiersposisies binne die party beklee. Die ANC het sy dood as ‘n reuseverlies beskryf en sy toewyding aan openbare diens, gemeenskapsontwikkeling en die bevrydingsbeweging geprys.