Skip to content

Voormalige ANC-veiligheidshoof verbind met beweerde Staatsveiligheids-operasie teen EFF

# Die ANC se voormalige veiligheidshoof, Tito Maleka, word verbind met ‘n beweerde Staatsveiligheidsagentskaps-operasie om inligting oor die EFF in te samel. ‘n Intelligensiebron getuig in die Hooggeregshof in Pretoria in die bedrogsaak van 12-miljoen-rand teen die voormalige agentskaps-amptenare, Thulani Dlomo en Patrick Mshotola. Hy sê Maleka het hom vertel hoe om die agentskap te nader. Die getuie, slegs bekend as Mnr B, beweer hy is tussen 2015 en 2016 betaal om inligting oor die EFF in te samel.