Skip to content

Voormalige Amerikaanse adjunkpresident Dick Cheney sterf

# Die voormalige adjunkpresident van Amerika, Dick Cheney, is dood. Sy familie sê die 84-jarige het gesterf na komplikasies weens longontsteking en hart- en vaskulêre siektes. Cheney was in die Withuis saam met George W. Bush en het een van die magtigste adjunkpresidente in die geskiedenis geword toe hy Amerikaanse beleid na die aanvalle van 9/11 gelei het. Later het hy ‘n teiken van Donald Trump geword, veral na sy dogter, die Republikein Liz Cheney, Donald Trump se optrede rondom die opstand by die Amerikaanse Kongresgebou op 6 Januarie 2021 ondersoek en gekritiseer het.