# Die voorgestelde Kinderwysigingswetsontwerp is goedgekeur vir openbare kommentaar. Die wetsontwerp poog om die Kinderwet van 2005 te versterk deur aandag te skenk aan gapings in kinderversorging- en beskermingsdienste. Dit fokus op die verbetering van voorkoming, vroeë ingryping, statutêre sorg, herintegrasie en nasorgstelsels. Dit het verder ten doel om maatreëls te versterk wat kinders teen geweld, mishandeling, verwaarlosing en uitbuiting op alle gebiede sal beskerm.