# Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het ‘n vertraging van sosiale media vir kinders voorgestel en sê nuwe wetgewing kan binnekort ingedien word. Sy het tydens ‘n EU-beraad in Kopenhagen gesê ‘n paneel deskundiges sal ‘n plan saamstel om minderjariges aanlyn te beskerm. Verskeie lande in die res van die wêreldhet reeds sosialemedia-beperkings vir minderjariges ingestel. Von der Leyen sê die vraag is nie of jongmense toegang tot sosiale media moet hê nie, maar of sosiale media toegang tot jongmense moet hê.
Von der Leyen sê EU moet toegang tot sosiale media vir kinders beperk