Skip to content

VN-verslag toon seksuele geweld in konfliksones het in 2024 skerp toegeneem

# Meer as vier-duisend-600 oorlewendes het in 2024 mishandeling verduur wat gebruik is as wapens van oorlog, marteling, terrorisme en politieke onderdrukking. Dit is 25-persent meer as die vorige jaar. Dit volg die Verenigde Nasies se jaarlikse verslag oor konflikverwante seksuele geweld. Die verslag dek 21 lande en 92-persent van die slagoffers is vroue en meisies. Die verslag toon ʼn styging in seksuele geweld tydens aanhouding, waar dit gebruik word as marteling of om inligting te bekom. Die VN vra lande om seksuele geweld te verbied.