# Die Verenigde Nasies se Menseregte-moniteringsending in Oekraïne het die naweek se dodelike Russiese missiel- en hommeltuigaanvalle veroordeel. Minstens 12 mense waaronder drie kinders is dood in wydverspreide aanvalle in die Kiev-streek. Oekraïnse amptenare het bevestig daar was 298 Russiese hommeltuie en 69 missiele. Die VN sê die aanval beklemtoon die gevare wanneer kragtige wapens in bevolkte gebiede gebruik word. Hy sê dit verhoog die lewensverlies van burgerlikes in die oorlog.
VN veroordeel dodelike vlaag Russiese missiel- en hommeltuigaanvalle in Oekraïne