# Die Verenigde Nasies se Menseregteraad gaan ondersoek instel na ernstige menseregte-skendings in Afganistan te midde van toenemende kommer oor die Taliban-regime se maatreëls wat vroue en meisies teiken. Die VN se hoogste menseregte-instelling gaan getuienis van internasionale misdade insamel en bewaar. Die raad se 47 lidlande het die konsep-voorstel van die Europese Unie in Genève aanvaar.
VN stel ondersoek in oor menseregteskendings teen vroue en meisies in Afganistan