# Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram sê al sy voedselvoorrade vir Gaza is opgebruik. Dit volg nadat Israel die aflewering van humanitêre hulp die afgelope sewe weke blokkeer. Die VN sê hy het sy laaste voedselvoorraad aan koskombuise in Gaza gelewer en voeg by kos by hierdie kombuise sal in die komende dae opraak. Die organisasie sê meer as 116-duisend metrieke ton voedselhulp is by toegangsroetes en gereed vir aflewering sodra die grense oopgemaak word.
VN se Wêreldvoedselprogram sê al sy voorrade in Gaza is opgebruik