# Die Verenigde Nasies sê Russiese owerhede het burgerlike aangehoudenes in besette Oekraïnse gebiede gemartel en aan seksuele geweld onderwerp. Die VN se Menseregte-kantoor het in ‘n nuwe ondersoek ‘n patroon van ernstige skendings van internasionale wetgewing deur Rusland teen burgerlike aangehoudenes van Oekraïne bevind. VN-ondersoekers het volgens die verslag onderhoude met 216 burgerlikes gevoer wat sedert Junie 2023 in die besette gebiede uit aanhouding vrygelaat is. ‘n Volle 92-persent van hulle se uitvoerige weergawe van die gebeure het ooreengestem en op marteling en mishandeling tydens aanhouding gedui.
VN sê Rusland het Oekraïnse burgerlikes in aanhouding gemartel en seksuele mishandel