# Die Verenigde Nasies se hoëkommissaris vir menseregte, Volker Türk, het regerings gevra om hul invloed te gebruik en druk op Israel te plaas om die oorlog in Gaza te beëindig. Israel het Sondag tien ure lank ʼn taktiese onderbreking van militêre optrede in drie gebiede in Gaza ingestel te midde van internasionale teenkanting teen hongersnood in Gaza. Türk het in aanloop tot ʼn konferensie oor Palestina wat vandag in New York begin, gesê lande wat nie hul invloed gebruik nie, is moontlik medepligtig aan oorlogsmisdade:
VN sê regerings moet druk plaas op Israel om oorlog te beëindig [KLANK]
ENG TürkOnGazaSuffering