# Die Verenigde Nasies se Menseregteraad voer vandag ‘n dringende debat oor Israel se lugaanval op Hamas-leiers in Katar. Die debat is byeengeroep nadat twee amptelike versoeke ontvang is, een van Pakistan namens lidlande van die Organisasie van Islamitiese Samewerking, en die ander van Koeweit namens die Samewerkingsraad vir die Arabiese Golfstate. Dit is die 10de dringende debat sedert die raad se totstandkoming in 2006.
VN se Menseregteraad voer dringende debat oor Israel se lugaanval in Katar