# Die Verenigde Nasies se Handels- en Ontwikkelingsagentskap sê regstreekse buitelandse beleggings in Afrika het verlede jaar ongeveer 1,1-duisend-miljard-rand beloop, wat dit die vasteland se derde hoogste invloei sedert 1990 maak, ondanks ‘n afname vanaf 2024. Die VN se jongste Wêreldbeleggingsverslag sê beleggers bly gefokus op energie, infrastruktuur, kritieke minerale en tegnologie. Terwyl die waarde van nuwe projekte afgeneem het, het die aantal projekte toegeneem, wat dui op volgehoue langtermynvertroue. Die agentskap sê Afrikalande moet beleggings omskakel in werksgeleenthede, nywerheidsgroei, vaardigheidsontwikkeling en sterker streekvoorsieningskettings.
VN sê Afrika is steeds ‘n aantreklike bestemming vir buitelanders beleggers