Skip to content

VN-ondersoek beskuldig Israel van volksmoord op Palestynse kinders in Gaza

# ʼn Ondersoekkommissie van die Verenigde Nasies sê Israelse owerhede en veiligheidsmagte het doelbewus Palestynse kinders geteiken wat gelei het tot volksmoord, misdaad teen die mensdom en oorlogsmisdade. ʼn Verslag deur die VN se onafhanklike ondersoekkommissie oor die Palestynse gebied, het gefokus op beweerde oortredings van internasionale reg, menseregtevergrype en die basiese oorsake van konflik tussen Israel en Palestyne. Israelse owerhede word in die verslag beskuldig dat hulle hongersnood as manier van oorlogvoering gebruik het. Israel se ministerie van Buitelandse Sake verwerp die verslag en sê dis propaganda.