Skip to content

VN-hoof sê Afrika moet deel wees van besluite oor sy toekoms

# Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het sy oproep herhaal dat Afrika ‘n groter sê moet hê in besluite wat sy toekoms raak. Hy het Woensdag die 9de Tokio Internasionale Konferensie oor Afrika-ontwikkeling in Yokohama, Japan, toegespreek. Die konferensie word gehou met die tema, “Die Skep van Innoverende Oplossings Saam met Afrika”. Guterres sê Afrika se pad na welvaart moet fokus op die toevoeging van waarde tot sy grondstowwe, die skep van ordentlike werkgeleenthede en die bou van veerkragtigheid, deur voordeel te trek uit die Afrika-vasteland vryhandelsgebied.