Skip to content

VN-hoof maan alle partye om hulle tot die 20-punt-vredesplan vir Gaza te verbind

# Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, verwelkom president Donald Trump se voorstel vir ʼn vredesooreenkoms in Gaza en vra alle partye om hulle tot die instelling daarvan te verbind. Die 20-punt-vredesplan sluit in dat gevegte beëindig word, gyselaars terugkeer en ʼn internasionale Vredesraad aangestel word om te help om Gaza te bestuur. Guterres sê die belangrikste is om die lyding te bekamp wat sedert die aanvalle op 7 Oktober plaasvind. Hy het ook herhaal dat ʼn onmiddellike en permanente skietstilstand ingestel moet word.