Skip to content

VN-hoof hoop skietstilstand tussen Indië en Pakistan sal blywende vrede en bestendigheid bring

# Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê hy hoop die skietstilstands-ooreenkoms tussen Indië en Pakistan sal tot blywende vrede bydra. Die skietstilstand is die naweek bereik ná toenemende botsings waarin albei kante missielaanvalle op mekaar se belangrike militêre basisse uitgevoer het. Guterres sê die ooreenkoms sal hopelik ‘n omgewing skep waar bestaande en groter kwessies tussen die twee lande aandag kan kry. Hy sê die VN is gereed om pogings te ondersteun wat vrede en bestendigheid in die streek sal bevorder.