Skip to content

VN-agentskap sê meer as vier-miljoen vlugtelinge het alreeds uit Soedan gevlug

# Die VN-vlugtelingagentskap sê meer as vier-miljoen vlugtelinge het sedert die begin van die burgeroorlog in 2023 uit Soedan gevlug, en bygevoeg dat baie oorlewendes, weens befondsingstekorte nie voldoende skuiling het nie. ‘n Woordvoerder, Eujin Byun, het tydens ‘n mediakonferensie in Genève gesê die situasie is ‘n verwoestende mylpaal wat tans die wêreld se mees skadelike ontwortelingskrisis is. Sy het bygevoeg dat duisende meer mense sal vlug as die konflik voortduur, en dat streeks- en wêreldwye bestendigheid op die spel geplaas word.