# Die München-lughawe in Duitsland moes Donderdagaand noodgedwonge tydelik sluit weens die waarneming van hommeltuie wat gelei het tot die kansellasie van 17 vlugte. Sowat drie-duisend passasiers is geraak. Saam hiermee is 15 inkomende vlugte na ander lughawens in Duitse stede Stuttgart, Nuremberg en Frankfurt herlei, asook na Wene in aangrensende Oostenryk. Dis die mees onlangse ontwrigting weens hommeltuie in Europese lugvaart en die vinger word na Rusland gewys vir die tydelike sluiting van lughawens verlede week in Denemarke en Noorweë. Die Kremlin ontken enige betrokkenheid.
Vlaag van hommeltuie dwing München-lughawe om tydelik te sluit