# Die Britse polisie sê hulle ondersoek opmerkings wat die rap punk-duo Bob Vylan by die Glastonbury-fees gemaak het. Die kletsrymer Bobby Vylan het Saterdag op die fees se derde grootste West Holts-verhoog geskree “Free, free Palestine”, voor hulle die skare voorgegaan het in dreunsang teen die Israelse weermag. Die Israelse Ambassade in die Verenigde Koninkryk sê hy is diep ontsteld oor die voorval. Hy sê die kletsrymer se opmerkings wek ernstige kommer oor die normalisering van ekstremistiese taal en verheerliking van geweld. Glastonbury-fees sê in ʼn verklaring hy is geskok oor Vylan se opmerkings.
VK-polisie ondersoek beeldmateriaal van Glastonbury-fees oor dreunsang teen Israel