Skip to content

VK eerste minister veroordeel Musk se ‘gevaarlike en opruiende taal’ by verregse betoging

# Die kantoor van die eerste minister van Brittanje, Keir Starmer, het die Amerikaanse tegnologie-miljardêr Elon Musk veroordeel vir wat hulle noem “gevaarlike en opruiende taal” tydens ‘n toespraak wat uitgesaai is by een van die grootste ver-regse betogings ooit in Brittanje. Musk het by Saterdag se optog gevra vir die ontbinding van die Britse parlement en die vervanging van Starmer se sentrum-linkse arbeidersregering. Musk het aan die skare gesê “Jy veg terug of jy sterf”. Starmer se woorvoerder sê gevaarlike en opruiende taal wat dreig met geweld en intimidasie op straat is die laaste ding wat die Britse volk nou nodig het.