# Die Verenigde Nasies se Noodhulpverligtingskoördineerder, Tom Fletcher, waarsku dat die stelsels wat burgerlikes in gewapende konflikte beskerm, besig is om in duie te stort. Die VN het verlede jaar meer as 36-duisend burgerlike sterftes in 14 gewapende konflikte aangemeld. Altesaam 122-miljoen mense wêreldwyd is ontwortel. Fletcher sê die maatreëls wat burgerlikes moet beskerm, bestaan lank reeds en is getoets, en daar moet by internasionale wetgewing gehou word wat ter goeder trou aanvaar moet word:
VN waarsku internasionale beskermingsraamwerk vir burgerlikes is besig om in duie te stort [KLANK]
ENG FletcherOnCivilianProtection