Skip to content

Vinniger ekonomiese groei benodig om SA se werkloosheidskrisis te help oplos [KLANK]

# FNB sê vinniger inklusiewe groei is nodig om Suid-Afrika se werkloosheidskrisis te help oplos. Dit kom nadat die land glo 290-duisend-575 werksgeleenthede in die eerste kwartaal van 2025 verloor het. Die jongste arbeidsopname onthul werkloosheid het tot 32,9-persent gestyg, met jeugwerkloosheid wat 62,4 persent bereik het. Die tempo van opname van nuwe werkers het ook gedaal, wat aandui dat daar minder geleenthede vir mense van werk-ouderdom is. ‘n Ontleder van die bank, Thanda Sithole, sê strukturele hervormings moet versnel om arbeid-intensiewe groei aan te moedig:

ENG-ThandaOnJobs