# Die Stad Tshwane sê hy het vier mini-substasies in Rama City herstel. Dis deel van die metro se #SwitchOnTshwane-projek en ʼn groot stap na universele elektrifisering. Die projek sal in fase 3 en 4 wettige en veilige elektrisiteitsverbindings aan 240 huishoudings voorsien. Die burgemeesterskomiteelid vir Nutsdienste, Frans Boshielo, sê hierdie prestasie volg na die suksesvolle afhandeling van fase 1 en 2, waar twee-duisend-500 huishoudings in Rama City aan die elektrisiteitsnetwerk gekoppel is.
Vier nuwe mini-substasies lewer krag onder Tshwane se #SwitchOnTshwane-projek in Rama City