# Vier leerders is geskors na die aanranding van ‘n graad agt-leerder by die Thuto-Lesedi Secondary School in Vosloorus, in Ekurhuleni. Die Gautengse Onderwysdepartement sê die seun is in die hospitaal opgeneem nadat hy deur ‘n groep leerders aangeval is. Die voorval het tot betogings gelei wat ontwrigting by verskeie skole veroorsaak het. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die skoolhoof is tydelik verskuif hangende ‘n ondersoek dat hy boelieklagtes geïgnoreer het:
Vier leerders geskors na aanrandingsvoorval by Ekurhuleni-skool [KLANK]
ENG MabonaOnAssault