# Minstens vier mense is dood na Houthi-rebelle ‘n vragskip in die Rooi See gesink het terwyl talle ander bemanningslede ontvoer is. Altesaam 22 bemanningslede, meestal Filippyne, was aan boord, asook ‘n sekuriteitspan van drie lede. Beeldmateriaal wat die militante groep vrygestel het, toon hoe gewapende mans aan boord van die skip gaan wat deur Griekeland bedryf word en onder die Liberiese vlag vaar, en ‘n reeks ontploffings veroorsaak. Die skip het daarna gesink. Ses mense is gered, maar die lot van 15 bemanningslede is onbekend.
Vier dood na Houthi-rebelle ‘n vragskip in die Rooi See aanval