Skip to content

Vier dood in Oekraïnse hommeltuigaanval op Rusland, grootste aanval in meer as ‘n jaar op Moskou

# Ten minste vier mense is dood in ‘n groot Oekraïnse hommeltuig-aanval op Russiese streke, insluitend die grootste aanval in meer as ‘n jaar op Moskou. Owerhede sê drie mense is gister in die Moskou-streek dood en een in die Belgorod-streek. Verskeie residensiële hoë geboue en infrastruktuurfasiliteite is beskadig. TASS berig lugverdediging het sedert middernag 81 hommeltuie vernietig wat op pad was na Moskou. Volgens burgemeester Sergei Sobyan was dit die grootste aanval op die hoofstad in meer as ‘n jaar. Rusland se ministerie van Verdediging sê 556 hommeltuie is oornag oor die land afgeskiet.