Skip to content

VF+ vra Tshwane om rekenskap te gee van tenkwaens wat koste van water tienvoudig laat toeneem

# Die Vryheidfront-Plus in Pretoria sê die Tshwane-metro betaal 1 sent vir ‘n liter water, maar 10 sent per liter om dit met tenkwaens te laat aflewer. Die party het ‘n dringende beroep op die metro gedoen om rekenskap te gee oor dié wanverhouding tussen die werklike koste van water en die koste om dit met gehuurde watertenkwaens aan gemeenskappe te verskaf. Die syfers kom uit ‘n verslag van die metro se openbare rekeningekomitee dat die prys van water tienvoudig verhoog deur aflewering met tenkwaens. Dié uitgawe beloop meer as R530-miljoen per jaar.