# Die Vryheidsfront Plus doen ‘n beroep op die Wes-Kaapse LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, om dringend die Hooggeregshof met ‘n aansoek te nader. Dit is om die Knysna munisipale raad se onwettige besluit om Manqoba Ngubo se aanstelling as waarnemende Munisipale Bestuurder met ‘n verdere drie maande te verleng, te hersien en tersyde te stel. Die VF Plus sê Ngubo is aanvanklik in April vanjaar as waarnemende Munisipale Bestuurder aangestel vir ‘n tydperk van drie maande of totdat die skorsing van die permanente Munisipale Bestuurder, Lulamile Mapholoba, afgehandel is.
VF Plus vra Wes-Kaapse LUR om besluit oor Knysna se waarnemende munisipale bestuurder te hersien