Skip to content

VF Plus vra Nersa se amptelike brief wat Ekurhuleni se 2025/2026-tariewe goedkeur

# Die Vryheidsfront Plus sê die Stad Ekurhuleni se gebrekkige kragtariefstelsel word gekenmerk deur teenstrydighede, swak beplanning en onvoldoende openbare deelname. Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het onlangs die metro se tariewe vir die 2025/2026-boekjaar goedgekeur. Die VF Plus eis die bekendmaking van Nersa se amptelike brief waarin die tariewe goedgekeur word en die onmiddellike publikasie van ʼn volledige raadplegingsprogram. Hy sê hy sal veg om inwoners teen onwettige en onbekostigbare tariewe te beskerm.