# Die Vryheidsfront Plus sê die voorlopige skorsing van die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, wys hoe diep die geskiedkundige krisis in die polisiediens is. Hy staar aanklagte in die gesig wat verband hou met ʼn tender van 360-miljoen-rand wat onregmatig aan Medicare24 toegeken is. Die maatskappy behoort aan die vermeende misdaadbaas, Vusimuzi ‘Cat’ Matlala. Wouter Wessels van die VF Plus sê hulle is skepties oor die aanstelling van die SAPD se finansiële hoof, Puleng Dimpane, as waarnemende polisiekommissaris:
VF Plus skepties oor Puleng Dimpane se aanstelling as waarnemende nasionale polisiekommissaris [KLANK]
AFR WesselsOnDimpane