# Die Vryheidsfront Plus in Tshwane sê die metro se jongste vorderingsverslag oor toelaes en befondsing vir die tydperk tot 30 Junie, ontbloot ernstige gebreke in die besteding van ontwikkelingsfondse. Die woordvoerder Nick Pascoe sê die metro se versuim om basiese prosesse betyds te voltooi, het veroorsaak dat die Nasionale Tesourie 155,4-miljoen-rand se ontwikkelingsfondse teruggeëis het. Hy sê die fondse was vir basiese dienste soos veilige drinkwater, rioolstelsels en paaie:
VF Plus sê Tshwane verloor miljoene weens onderbesteding van infrastruktuurfondse [KLANK]
AFR PascoeOnFunds