# Die Vryheidsfront Plus sê hy ondersteun alle ontwikkeling en belegging wat daarop gemik is om kapitaal en werksgeleenthede na die Stad Tshwane te lok. Die party sê egter hy sal nie toekyk hoe die metro se begrotingbesnoeiings sulke ontwikkelings kniehalter nie. Volgens ʼn verslag van die Oorsigkomitee oor Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning maak die metro toenemend op die privaat sektor staat vir strategiese stedelike ontwikkelings. Mari Joubert van die VF Plus sê Tshwane het nie genoeg vermoë om grootmaatdienste te lewer nie:
VF Plus sê Tshwane soek beleggings maar kan nie infrastruktuur en dienste lewer nie [KLANK]
AFR MarionInvestments