# Die Vryheidsfront Plus sê die Stad Tshwane se voorgestelde beleidsraamwerk vir die vergoeding van lede van die metro se Waarderingsappèlraad is gebrekkig. Die raad se taak is onder meer om eienaars se appèlle teen eiendomswaardasies te hanteer. Kevin Perkins van die VF Plus sê belangrike aspekte, soos die aantal lede wat aangestel word en watter rade in die Raad ingestel word, is nie aangedui nie. Hy voeg by die raad is reeds onder finansiële druk:
VF Plus sê Tshwane kan nie onbeperkte magtiging gee vir Waarderingsappèlraad se beleidsraamwerk nie [KLANK]
AFR KevinPerkinsonFramework