# Die Vryheidsfront Plus in Ekurhuleni ondersteun hervormings wat dienslewering verbeter en aanspreeklikheid verhoog, maar sal enige proses teenstaan wat meer rompslomp skep sonder om gemeenskappe tasbaar te bevoordeel. Die party onderskryf die Metro-handelsdienste se hervormingsprogram wat deur die Nasionale Tesourie begin is. Die VF Plus sê hierdie program voorsien metro’s van 54-miljard-rand oor ses jaar om hulle by te staan om kragvoorsiening, vullisverwydering, drinkwater en riooldienste weer op dreef te kry en die dienste soos lewensvatbare sakeondernemings te bestuur.
VF Plus sê Tesourie se plan vir beter infrastruktuur behoort aanspreeklikheid in Ekurhuleni te verhoog