Skip to content

VF Plus sê Suid-Afrikaners verdien beter as wat ANC oor afgelope 30 jaar gelewer het

# Die Vryheidsfront Plus sê die land is op die rand van ineenstorting na meer as drie dekades van regering onder die ANC. Die party het sy registrasieveldtog vir November se plaaslike regeringverkiesing in Centurion bekend gestel. Die VF Plus se leier, Corné Mulder, sê onbevoegdheid en korrupsie het staatsinstellings weggevreet en munisipaliteite laat ineenstort. Hy sê plaaslike regering, die hoeksteen van dienslewering, is in ‘n bestaanskrisis met munisipaliteite wat bankrot en wanfunksioneel is. Hy sê Suid-Afrikaners verdien beter as wat die ANC gelewer het.