Skip to content

VF Plus sê MK-party beoog om selfbeskikkingklousule in Grondwet af te skaf

# Die Vryheidsfront Plus sê die MK-party lyk vasbeslote om sleuteldele van die Grondwet van 1994 om te keer. Die party sê die MK-party se voorgestelde veranderinge aan selfbeskikking en eiendomsreg kan grondonteiening sonder vergoeding toelaat. Die party waarsku dit druis in teen die bestaande ooreenkomste wat die oorgang na demokrasie onderskryf het. Wynand Boshoff van die VF Plus doen ‘n beroep op die publiek om kommentaar te lewer terwyl die parlement hierdie veranderinge oorweeg.