Skip to content

VF Plus sê Johannesburg word geteister deur instandhoudingsagterstand en swak finansiële bestuur

# Die Vryheidsfront Plus in Johannesburg het die burgemeester, Dada Morero, gewaarsku die metro se groeiende finansiële las en verbrokkelende infrastruktuur belemmer inwoners en belastingbetalers se dienslewering. Die party sê die metro het 72-miljard-rand in uitstaande skuld en ‘n skokkende agterstand van 220-miljard-rand in infrastruktuur-instandhouding. Franco de Lange van die VF Plus sê die Raad gaan hierdie week ‘n voorgestelde begroting van 89,4-miljard-rand vir die 2026/2027-boekjaar oorweeg. Hy sê die bedrag bestaan ​​uit ‘n geraamde 81-miljard-rand vir bedryfsuitgawes en 7,5-miljard-rand vir kapitaaluitgawes.