Skip to content

VF Plus sê hoogverraad-klagte teen AfriForum ondermyn demokrasie en spraakvryheid

# Die Vryheidsfront Plus sê die klagte van hoogverraad wat die Valke teen AfriForum ondersoek, is ongeregverdig en polities gemotiveerd. Die party voer aan die ANC, en nie AfriForum nie, moet ondersoek word vir sy rol in staatskaping, wat Suid-Afrika skade berokken het, insluitend die jarelange misleiding van die publiek. Die VF Plus se leier, Corné Mulder, sê spraakvryheid en deursigtigheid is noodsaaklik, en hy doen ‘n beroep op die wêreld om hulle te vergewis van die ware toedrag van sake in Suid-Afrika.