Skip to content

VF Plus sê Emfuleni se finansiële probleme neem toe

# Die Vryheidsfront Plus in Gauteng sê daar is blykbaar geen einde aan die finansiële ellende van die Emfuleni-munisipaliteit nie, want hy kan tans nie sy elektrisiteitskontrakteurs en verskaffers betaal nie. ʼn Gebied in Vanderbijlpark is reeds 18 dae sonder krag, en elektrisiteitskontrakteurs weier om aan die probleem te werk omdat hulle nie betaal word nie. Die VF Plus sê dis ook onseker of Emfuleni sy amptenare, werkers en raadslede aan die einde van die maand sal kan betaal.