Skip to content

VF Plus sê Ekurhuleni se hantering van wydverspreide kragonderbrekings is onaanvaarbaar [KLANK]

# Die Vryheidsfront Plus sê hulle is bekommerd oor die voortdurende kragonderbrekings wat groot dele van Boksburg, insluitend Jetpark, Witfield, Comet, Boksburg-Noord en omliggende gebiede, sedert die naweek raak. Die onderbrekings word na bewering veroorsaak deur poging tot kabeldiefstal by een van Ekurhuleni Munisipaliteit se hooflyne naby die N12, wat die infrastruktuur ernstig beskadig het. Denise Janse van Rensburgvan die VF Plus sê wat die situasie vererger, is die swak kommunikasie en gebrek aan deursigtigheid van die metro:

AFR DeniseonUnacceptable