# Die Vryheidsfront Plus in Ekurhuleni sê hy het gehelp om 14 Ethiopiese mans te red wat in ʼn huis in Birchleigh-Noord gevange gehou is. Dit volg nadat die party se raadslid in Kemptonpark, Jean Kriek, in kennis gestel is van mense in die huis wat om hulp roep. Hy het gaan ondersoek instel en die mans gevind wat met pangas en messe aangerand is. Die VF Plus sê volgens ʼn voorlopige ondersoek is die mans onder valse voorwendsels uit Ethiopië na Suid-Afrika gelok en in die huis gevange gehou.
VF Plus se Ekurhuleni-raadslid help om mensehandel te ontbloot