Skip to content

VF Plus sê Ekurhuleni-inwoners kan nie bekostig om onverwagse en teruggedateerde nutsrekeninge te betaal nie [KLANK]

# Die Vryheidsfront Plus in Gauteng sê inwoners van Ekurhuleni het hierdie maand hul nutsrekeninge ontvang nadat die metro maande lank versuim het om hul ware kragverbruik op rekeningstate aan te dui. Volgens ʼn finansiële verslag wat onlangs aan die raad voorgelê is, is slegs 21,9-miljard-rand van die begrote 26,1-miljard-rand elektrisiteitskoste ingevorder, wat ʼn tekort van 4,13-miljard-rand beteken. Denise Janse van Rensburg van die VF Plus sê dis onregverdig om te verwag inwoners moet reuse-, onverwagte en teruggedateerde rekeninge betaal:

AFR DeniseonBills