# Die Vryheidsfront Plus sê dis baie duidelik dat die ANC as die grootste party in die regering van nasionale eenheid, nie gereed is om ʼn ware, beredeneerde en oplossing-gerigte dialoog te voer nie. Die party het onttrek aan die naweek se nasionale konvensie wat die agenda vir die nasionale dialoog wil saamstel. Die VF Plus sê dis dalk tyd vir ʼn eerlike nasionale dialoog sonder die ANC waarby almal betrokke is wat ernstig is oor vordering en die land se beste belange op die hart dra.
VF Plus sê ANC is nie gereed vir ware, beredeneerde en oplossing-gerigte dialoog nie