Skip to content

VF Plus in Gauteng verwelkom Valke se ondersoek na City Power

# Die Vryheidsfront Plus in Gauteng verwelkom die Valke-ondersoek na moontlike onreëlmatighede by City Power in Johannesburg. Die misdaadbekampingseenheid het verlede week ’n klopjag by City Power se Johannesburgse hoofkantoor uitgevoer. Dis deel van ’n ondersoek na vermeende korrupsie en finansiële wanbestuur waarby onregmatige betalings en opgedrewe kontrakte van meer as 500-miljoen-rand betrokke is. Die VF Plus sê City Power hou nie Johannesburg se elektrisiteitsnetwerk behoorlik in stand nie. Hy sê dis nie ’n verrassing dat die Valke se voorlopige ondersoek abnormale en opgedrewe betalings aan sekere kontrakteurs ontbloot het nie.