Skip to content

VF Plus in Gauteng sê Lesufi moet premier en LUR vir Gemeenskapsveiligheid se rolle skei

# Die Vryheidsfront Plus in Gauteng sê hy het premier Panyaza Lesufi versoek om ʼn lid van die wetgewer as LUR vir Gemeenskapsveiligheid aan te stel. Die party sê die premier beklee tans albei ampte, maar dis weens die provinsie se hoë misdaadsyfer nie ideaal nie. Die VF Plus sê gemeenskapsveiligheid vereis toegewyde aandag aan ingewikkelde kwessies soos polisieoptrede, die doeltreffendheid van die regstelsel en gevorderde misdaadvoorkomingstrategieë. Hy sê albei rolle vereis aansienlike strategiese aandag, rolspelers se betrokkenheid en praktiese oorsig.