Skip to content

VF Plus het ‘n klag by die Openbare Beskermer ingedien teen die Tshwane-speaker

# Die Vryheidsfront Plus het ‘n klag by die Openbare Beskermer ingedien teen die speaker van die Tshwane Metroraad, Mncedi Ndzwanana. Dit volg op die DA se dringende hofaansoek rakende die skorsing van die stadsbestuurder, Johann Mettler. Dit volg na twee omstrede stemme wat daartoe gelei het dat Mettler voorlopig geskors is en die hoof finansiële beampte, Gareth Mnisi, wat van tendermanipulasie beskuldig word, weer aangestel is. Die VF Plus sê die Openbare Beskermer moet ook moontlike politieke inmenging en die gedrag van individuele raadslede wat die besluit teen Mettler ondersteun het, ondersoek.