Skip to content

VF Plus Gauteng sê kabeldiefstal sal nie geduld word nie

# Die Vryheidsfront Plus in Gauteng het die vonnis van nege-jaar tronkstraf wat die Landdroshof van Brakpan aan ‘n burger van Lesotho vir kabeldiefstal opgelê het, verwelkom. Khothatso Adora is skuldig bevind aan beskadiging en diefstal van infrastruktuur, en onwettige immigrasie. Hy is in Maart vasgetrek terwyl hy kragkabels langs die R23 in Brakpan opgegrawe het. Riaan van Zyl van die VF Plus sê die vonnis ‘n belangrike oorwinning in die stryd teen oortreders wat nodige infrastruktuur beskadig en steel.