Skip to content

VF Plus eis optrede van Tshwane-burgemeester oor straatligte in Centurion

# Die VF Plus sê in die 4,5 km-deurpad vanaf Jeanlaan suidwaarts tot by Lenchenlaan en die Lifestyle Sentrum in Centurion werk slegs 14 straatligte uit ʼn totaal van 109 op dié roete. Dié deurpad bedien inwoners van vier woonbuurte naamlik Clubview, Hennopspark, Bronberrik en Hennopspark-industriële gebied. Dit volg nadat ActionSA gepog met die herstel van duisende straatligte in die Tshwane-metro. Die VF Plus daag ActionSA se burgemeester, Nasiphi Moya, uit om binne 14 dae ’n konkrete plan voor te lê om al 109 lamppale te herstel, met ’n dringende tydlyn vir implementering.