Skip to content

VF Plus eis optrede teen onwettige kragverbindings in Tshwane

# Die Vryheidsfront Plus sê die groot aantal plakkerskampe wat onwettig aan die Stad Tshwane se kragnetwerk gekoppel is, maak die reeds onbetroubare netwerk nog meer onbestendig. Die metro het in Desember 575 plakkerskampe geïdentifiseer wat weens onwettige grondbesettings baie vinnig uitbrei. Die metro se Versoekskrif-komitee het ook sowat 20 aansoeke van plakkerskampe ontvang om tydelik aan die netwerk gekoppel te word. Die VF Plus sê onwettige verbindings hou ʼn ernstige gevaar vir inwoners in.